Maatskappy Pegasus Toys (die Maatskappy) onderneem om die toepaslike wette, ordinansies en ander regulasies rakende die beskerming van persoonlike inligting te handhaaf ten einde die behoorlike bestuur van persoonlike inligting, aan hulle verskaf deur hulle kliënte, te verseker. Die Maatskappy sal ook ongedwonge bestuursreëls- en stelsels in werking stel en konsekwent daarby hou, wat die beleid rakende beskerming van persoonlike inligting as volg definieer:

1. Versamel van persoonlike inligting

Die Maatskappy sal persoonlike inligting op wettige en regverdige wyse versamel. Aangesien persoonlike inligting nooit op onwettige wyses versamel sal word nie, sal seker gemaak word dat die toestemming van die hoof (die Hoof), wat die bron van die persoonlike inligting is, verkry word rakende die gebruik van persoonlike inligting ensovoorts vir die aankondiging van nodige inligting op die Maatskappy se webblad, of deur direkte e-pos, advertensieblaadjies of soortgelyke wyses (media vir Aankondigings). Indien daar persoonlike inligting van kliënte 15 jaar oud en jonger gevra word, sal die ouers se toestemming eers verkry word.

2. Die gebruik van persoonlike inligting

Die Maatskappy sal slegs persoonlike inligting gebruik nadat die toestemming van die Hoof verkry is, of vir die doel van die versameling van die persoonlike inligting, soos wat uitdruklik in die Media vir Aankondigings vervat is, indien benodig vir besigheidsdoeleindes en slegs deur gemagtigde persone wat spesifieke take moet uitvoer. Indien daar statistiese ontleding van persoonlike inligting gedoen word, sal inligting wat die persoon identifiseer (naam, adres, telefoonnommers, ensovoorts) uitgelaat word alvorens dit geprosesseer word.

3. Die Maatskappy onderneem om nie persoonlike inligting openbaar te maak of te verskaf aan ’n derde party nie, behalwe in die volgende gevalle:

  1. die Hoof toestemming verleen het vir die openbaarmaking of verskaffing van sy/haar persoonlike inligting,
  2. dit ’n wetlike vereiste of opdrag ensovoorts is van ’n bevoegde openbare gesag om die inligting openbaar te maak of te verskaf,
  3. die Maatskappy bepaal dat openbaarmaking en verskaffing nodig is vir die voorkomende beskerming teen materiële skade van menslike lewe, liggaam, gesondheid, eiendom ensovoorts van die Hoof of die publiek,
  4. die Maatskappy die persoonlike inligting aan ’n subkontrakteur oorhandig wat ’n vertroulikheidsooreenkoms rakende die nie-bekendmaking van persoonlike inligting met die Maatskappy gesluit het, tot die mate wat dit nodige toevertroude operasionele werking sal verseker,
  5. die maatskappy die persoonlike inligting aan sy agente, korporatiewe prokureurs, gesertifiseerde publieke rekenmeesters of ouditeurskorporasies openbaar of verskaf,
  6. die persoonlike inligting as statistiese data verwerk is waardeur die kliënt nie geïdentifiseer mag word nie.

4. Veilige bestuur van persoonlike inligting

Die Maatskappy onderneem om persoonlike inligting streng volgens bestuursregulasies soos deur hulle voorgeskryf, te beheer en sal stappe neem om die verlies, vernietiging, onwettige modifikasie, uitlek ensovoorts, van persoonlike inligting te voorkom. Die Maatskappy onderneem om enkriptering toe te pas deur gebruik te maak van Secure Socket Layer (SSL) protokol, of soortgelyke sekuriteitstegnieke, om voorbereid te wees op onwettige toegang deur derde partye en sodat veiligheid verseker is.

5. Versoek rakende persoonlike inligting

Indien die Hoof vra dat bekendmaking, modifikasie, skrapping, beëindiging van die gebruik ensovoorts van sy /haar persoonlike inligting (Bekendmaking, ensovoorts) uitgevoer word, onderneem die Maatskappy om binne redelike tyd volgens die relevante wette en regulasies en die Maatskappy se bestuursregulasies, gehoor te gee, nadat bevestiging van die Hoof wat die versoek rig, se identiteit ontvang is. Let asseblief daarop dat skrapping, beëindiging van die gebruik ensovoorts, van persoonlike inligting soos aangevra, mag lei tot beperkte gebruik van dienste of verlies van lidmaatskapkwalifikasies ten opsigte van dienste. Fooie sal verhaal word om die versoek rakende bekendmaking ensovoorts te verwerk.

6. Kontakbesonderhede vir navrae rakende persoonlike inligtingn

Kontak asseblief direk die persoon in beheer van navrae oor die hantering van persoonlike inligting soos aangedui in Media vir aankondigings. Indien die persoon soos aangedui, nie bekend is nie, kan u die kliëntedienssentrum kontak soos hieronder beskryf. Let wel dat dit dan langer sal neem om u versoek te verwerk aangesien u na die verantwoordelike persoon verwys sal word of u versoek na die verantwoordelike persoon aangestuur sal word.

7. Persoonlike inligting op die internet

Die Maatskappy se webtuiste mag moontlik skakels na ander webtuistes of maatskappye bevat met wie die Maatskappy nie enige persoonlike inligting deel nie. Let wel dat die Maatskappy nie verantwoordelikheid neem vir die beskerming van persoonlik inligting op sulke webtuistes nie.

8. Voortdurende verbetering van die Maatskappy se voldoeningsprogram

Die Maatskappy sal voortdurend sy voldoeningsprogram verbeter deur die implementering van gereelde interne oudits ten einde sy goeie voldoeningsstatus te behou..

TUIS